
=====================================================================
Nederlandssprekers leer Afrikaans (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Nederlandssprekers leer Afrikaans

Van die einde van September word vir die eerste keer Afrikaanse gespreksklasse vir Nederlandse en Vlaamse Nederlandssprekers by die Huis 
der Nederlanden, 'n opvoedkundige en kultuursentrum in Pinelands, Kaapstad, aangebied. 'n Behoefte het onder die Nederlands-Vlaamse 
gemeenskap in die Wes-Kaap ontstaan om Afrikaans beter te verstaan. Die Nederlandse Club het die inisiatief geneem om die kursus te 
organiseer.

Onder die steeds groeiende aantal ingeskrewe kursusgangers tel 'n dosent, 'n dokter, 'n student, 'n pensioenaris en verskeie mense in die 
toerismebedryf  die ouderdomme wissel dus tussen 19 en 70! Almal het 'n behoefte om Afrikaans in hul daaglikse omgang met ander beter te 
verstaan en te gebruik. Die kursusgangers is natuurlik ook besonder genteresseerd in die "zustertaaltje" aan die suidpunt van Afrika wat 
'n simbiotiese verhouding met Nederlands het.

Die kursus bestaan uit tien lesse en fokus op kommunikasie en gesprekvoering. Verskeie temas sal aangeraak word, onder andere die bre 
geskiedenis en ontwikkeling van Afrikaans, musiek, teater, prosa, films, ensovoorts.

Ooglopende verskille en ooreenkomste tussen die tale sal ook bekyk word, veral wat algemene uitdrukkings/idiome en etiket betref. 'n Bre 
spektrum van Afrikaans en al haar moedertaalsprekers word in die kursusmateriaal ingesluit.

Die klasse is informeel, maar sal op 'n professionele wyse aangebied word. Indien dit 'n sukses is, sal volgende jaar 'n meer gevorderde 
kursus volg. Anneke Boshoff, kursusaanbieder.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7413a.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

